Tuesday 30 April 2013

Rooibos- 'n Koppie elke dag help

Hi

This post is especially dedicated to any Afrikaans readers out there that love Rooibos:


Rooibos

 

Navorsing oor die gesondheidsvoordele van Rooibostee is niks nuuts

nie. Navorsers regoor die wêreld doen reeds die afgelope 50 jaar

navorsing in laboratoriums, maar plaaslike navorsers het verlede jaar

vir die eerste keer begin om van dié laboratorium-bevindinge ook op

mense te toets.

Die proef wat die uitwerking van Rooibos toets op mense wat die gevaar loop om hartsiektes op te doen, is afgehandel.
 
Dr. Jeanine Marnewick, senior navorser van die anti-oksidant navorsingsgroep aan die Kaapse Skiereilandse Universiteit
 
 vanTegnologie, sê hulle is nog besig om die proefdata te ontleed en toetse te doen en behoort teen Oktober 2011
 
resultate te hê. Sy sê Rooibos is bekostigbaar engeredelik beskikbaar. “As ons kan bewys dat dié tee die potensiaal het om
 
 hartsiektes in mense teen te werk, sal dit ‘n deurbraak in die voorkoming van dié siektes wees. Ons het ‘n magdom
 
 bewyse van die gesondheidsvoordele van Rooibos in diere – van die

vertraging van die verouderingsproses tot die bestryding v

an kanker. Die uitdaging is om dié aansprake in mense

te bewys.”

Marnewick het by ‘n wetenskapkafee wat verlede

November 2012 by die MTN-wetenskapsentrum in Kaapstad

aangebied is, gesê haar studie fokus op die potensiaal wat

Rooibos het om mense te beskerm teen die oksidatiewe stres

en in-ammasie wat geassosieer word met die ontwikkeling

van hartsiektes. “Oksidatiewe stres is ‘n wanbalans tussen

oksidante en anti-oksidante waar oksidante die oorhand

het,”verduidelik Marnewick. “Té veel oksidante kan belangrike

komponente van lewende selle, soos lipiede, proteïen en

deoksi-ribonukleïensuur (DNS), beskadig, en degeneratiewe

siektes, soos hartsiektes, veroorsaak.”

Benewens die gesondheidsvoordele wat die navorsing kan

inhou, hoop die Rooibosbedryf om die navorsingsresultate

te gebruik om die publiek bewus te maak van die rol van

Rooibos in ‘n gesonde lewenstyl.

Nóg belangrike bevindinge, wat meer navorsing vereis

voordat spesieke aanbevelings oor die gebruik van

Rooibostee gemaak kan word, is die volgende:


 

Rooibos bevat ‘n komplekse en oorvloedige mengsel van

anti-oksidante.



Rooibos is die enigste bekende bron van ‘n besonder

voordelige, maar rare, anti-oksidant bekend as aspalatien.



Ongefermenteerde (”groen”) Rooibostee bevat hoër

vlakke van anti-oksidante as die algemeen bekende,

tradisionele gefermenteerde Rooibostee.



Die komplekse mengsel van anti-oksidante – bekend as

polifenole– in Rooibostee kan help om die liggaam teen

vrye radikale te beskerm en hul uitwerking op die liggaam

te beperk. Vrye radikale is onstabiele molekule wat die

genetiese materiaal (DNS) in selle kan beskadig en kanker

veroorsaak. Vrye radikale

kan cholesterol oksideer en

verstopte are, hartaanvalle en

beroertes veroorsaak.




Rooibos verhoog die antioksidantstatus

in die lewer.

Dié eienskap kan help om

Alzheimersiekte te behandel.



Rooibos bevorder die

produksie van teenliggame

wanneer daar aanslae op

immuunstelsels is.


 

Rooibos vertraag die

terugkeer van die Herpes

simplex-virus by mense.



Rooibos kan

gebruik word om sekere

maagongesteldhede te

behandel.



Rooibos inhibeer sekere

in-ammatoriese velsiektes en

maak die vel minder sensitief

vir sonskade.

Die Rooibos-navorsingspan by die Mediese

Navorsingsraad is vir etlike jare besig om die uitwerking

van Rooibostee op verskillende tipes kanker te ondersoek.

Die span, onder leiding van Dr Kareemah Gamieldien en

Prof. Wentzel Gelderblom, werk met menslike selle in die

laboratorium. Hul navorsingsresultate toon groot belofte

vir die behandeling van kanker in mense, dog is meer

navorsing nodig.

Hulle het reeds gevind dat Rooibos die ontwikkeling van

velkanker teenwerk deurdat bestanddele in Rooibos inmeng

met die proses waardeur kanker ontwikkel. Die span is besig

om die moontlikheid te ondersoek om ‘n “cosmeceutical” (‘n

kosmetiese farmaseutiese produk), van Rooibos te ontwikkel,

waarmee velkanker behandel kan word.

Navorsing op kankerselle verkry van menslike vel, lewer,

kolon en slukderms, toon dat groen (ongefermenteerde)

Rooibos die groei van kankerselle betekenisvol geïnhibeer

het. Die span is nou besig met navorsing om vas te stel wat

die meganisme is waardeur Rooibos die ontwikkeling van

kanker inhibeer, en spesiek oor die balans tussen selgroei

en -afsterwe.
 

Presies hoé Rooibos selle teen kanker beskerm, is die

onderwerp van meer as een studie waarmee die MNR-span

besig is. Tot dusver is gevind dat Rooibos kankerverwante

veranderinge in selle verminder deur selle teen DNS-skade,

oftewel mutagenese, te beskerm.

Mutagenese is een van die eerste stappe in die

ontwikkeling van kanker, en tydens mutagenese word die

genetiese materiaal van selle verander vanweë oormatige

blootstelling aan mutagene wat in sigaretrook, sonlig of

chemiese verbindings soos waterstofperoksied gevind word.

Rooibos bied beskerming teen die mutagene deur sy antioksidant-

eienskappe, deurdat dit die anti-oksidantstatus van

die lewer verhoog en die lewerensieme wat kankerwekkende

stowwe in die liggaam afbreek, stimuleer.

 

Great specials on Rooibos Tea in May





Regards,
Zharina




 

No comments:

Post a Comment